albatros accomodation saldanha bay.PNG

Albatross Nest bied puik verblyf vir sakereisigers en vakansiegangers in Saldanha aan die Weskus. Dit is lekker naby die strand, winkels, restaurante, en talle doendinge en besienswaardighede.

Albatross Nest het 4 slaapkamers. Elke kamer het slaapplek vir 2 gaste op ‘n dubbelbed en is toegerus met ‘n TV en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, bad, wasbak, en toilet. ‘n Slaapbank is beskikbaar vir 2 kinders wat Kamer 1 met hul ouers deel.

Gaste kan rustig ontspan in die gemeenskaplike sitarea en die ten volle toegeruste kombuis is beskikbaar teen ekstra kostes. Die huis het ook braaigeriewe.

Albatross Nest het ‘n luisterryke, 180º-uitsig oor die Saldanhabaai. En oorgenoeg veilige parkeerplek is beskikbaar.

Gewilde besienswaardighede, dorpe en stede in die omgewing sluit Paternoster, Jacobsbaai, Club Mykonos, Lambertsbaai, en Kaapstad in. Die Weskus pragtige veldblomskouspel van Augustus tot September lok elke jaar besoekers van heinde en verre.

Die mossel- en visbedryf in die baai is een van die mees gesogte industrieë in die land, en Saldanha se restaurante bied ’n groot verskeidenheid seekos.

Video
Rating & Reviews
0
0 reviews
Contact Form