Pikkie Cottage B & B
Wees gerus by Pikkie Kothuis sal gaste ‘n baie gerieflike en ontspanne kuier geniet in Saldanhabaai – die beste plek in die Weskus? Kom kuier en sien self …
Die stuk land waarop die oorspronklike kothuis gebou was, was aan die Saldanhabaai Hawe en Spoorwegbestuur verkoop in 1914. Die eerste wwonplek was in 1920 voltooi en later verkoop aan Madeline Johnson Murgastroyd.
Die huis het 4 en suite-kamers, elk beskik oor dubbelbed, satelliet-TV, yskas/vrieskas en parkering af van die straat. Ontbyt is ingesluit, en gaste kan met die bestuur vooraf reël indien middagete en aandete ook voorberei moet word. Ketels, tee, koffie, suiker en melk ook beskikbaar.
Daar is ‘n muur van 2 m hoog om die eiendom wat dit privaat en veilig maak. Daar is ook ‘n braaiplek onder dak.
Om die draai is ‘n visverkoper wat vars vis verkoop, en dus het jy geen verskoning om nie ware Weskus-kos te geniet nie. Gooi ‘n vars snoek of stokvis op die kole, of geniet ‘n seekospotjie saam met ‘n heerlike bottel wyn uit een van die Kaap se beste kelders.
Die huis is binne loopafstand van die strand, ongeveer 200 m, en is ideaal vir paartjies wat wil wegbreek uit die stad. Ons dorp is ook so geleë dat gaste van hier die omliggende dorpe kan gaan verken, plekke soos Jacobsbaai, Paternoster, Velddrif, Langebaan, Yzerfontein en die Weskus Nasionale Park.
Vir die natuurliefhebbers is die blomme op die Weskus ‘n moet-sien!
We write rarely, but only the best content.